Kinders sal in 'n huislike warm atmosfeer kan speel en ontdek en aan u as ouer die nodige gemoedsrus verskaf, dat u kind goed versorg sal wees.
BABAS
Babas word in twee lokale geakkommodeer. Die verhouding van versorgers tot babas is een tot vyf. 'n Doelgeskikte badkamer word gebruik om doeke te ruil en te bad. Lokale is toegerus met ondervloerse verhitting en lugsuiweraars. n Ruim buitespel area onder skadunet met kunsgras word gebruik.
n Stimulasie program word gevolg.
PEUTERS
Die Sentrum het vier klassies van twee, drie, vier en vyf jaar onderskeidelik. Ons akkommodeer kinders tot voor Graad R. Twintig kinders per klas met een juffrou en twee assistente per klas. Vier en vyfjaar klasse een juffrou en assistant. Klasse is toegerus met lugsuiweraars. Doelgeskikte badkamer vir die ruil van doeke en ”Potty Training”. Opvoedkundige programrooster word gevolg.Elke kind slaap op hulle eie genommerde bed, kussing en kombers.
TERAPIEKAMER
n Terapiekamer is beskikbaar waar fisio, spelterapie, arbeids en spraakterapie aangebied word. Hierdie sessies is vir die rekening van ouers. Ouers moet self afsprake maak en hoef derhalwe vir die dienste nie kinders rond te ry nie.
SPEELGROND
Die Sentrum beskik oor 'n ruim buitespeel area. Die area bestaan uit kunsgrasperke, klimrame, sandput, swaaie en 'n glyplank. Kinders is tydens buitespel onder die toesig van personeel.
Baby Steps (vir babas), Fun Gymnastics, Playball, Monkey Nastix, Music Box, Wit Jassies (wetenskap), C = Maths (wiskunde) word aangebied vir die rekening van ouers.
KOMBUIS
Ontbyt en middagetes word voorsien asook versnaperings om 10h00 en 15h00. Gebalanseerde etes word daagliks voorberei en versnaperings sluit vrugte en koeldrankies in.
SIEN ONS WEBWERF VIR MEER INLIGTING